Ons Span
Dr. Heinrich Matthee
Direkteur
Dr. Heinrich Matthee is die direkteur van die Pionier Instituut en rig die aktiwiteite met akademiese genote op ’n projekbasis. Hy is ‘n lid van die Europese Unie se High Level Group on Trade and Economic Resilience and en het meer as twintig jaar ervaring in navorsing en advies vir ondernemings oor strategiese tendense, internasionalisering en politieke impakbestuur in Europa, Afrika en die Midde-Ooste. Dr. Matthee is tans ‘n nie-inwonende navorser by die Emirate Beleidsentrum, Verenigde Arabiese Emirate en ‘n gasprofessor by universiteite in Frankryk en Suid-Afrika. Hy was voorheen ‘n navorser verbonde aan die Emirates Center for Strategic Studies and Research in Abu Dhabi (2001-2005) en ‘n ontleder van die Midde-Ooste vir Control Risks in Londen (2005-2009) . Dr. Matthee is die skrywer van etlike boeke en artikels oor politiek, kultuur en ondernemings in die Midde-Ooste en Afrika, waarvan die nuutste ‘n hoofstuk oor Europese maatskappye en politieke impakbestuur in Iran in The Routledge Handbook of Political Risk (2025) is. Hy het twee regsgrade (Stellenbosch), ‘n honneursgraad in strategiese studies (UNISA), ‘n meestersgraad in internasionale studies (Birmingham, VK) en ‘n D.Phil. in politieke wetenskap magna cum laude van die Phillips-Universiteit van Marburg (Duitsland).