|
Die Pionier-Instituut is 'n onafhanklike opvoedingsinstelling en bied tans kursusse in internasionale- en strategiese studies aan. Hierdie sertifikaatkursusse fokus op politieke risiko-analise vir transnasionale bedrywe en nie-regeringsorganisasies. Die Pionier-Instituut bemagtig leerders vir ‘n nuwe wêreld. Waarom is juis politieke insig en strategiese leierskap vandag onontbeerlik vir ondernemers en bedrywe? In byna alle lande, van die Midde-Ooste en Asië tot in Afrika en die Weste, is die ekonomie en politiek ten nouste verweef. Die politiek, ekonomie en konflik in een wêrelddeel kan ook ander wêrelddele ver daarvandaan ingrypend verander. Sonder politieke en strategiese insig kan mens eenvoudig nie meer doeltreffend en sinvol handel nie. Die politiek worstel egter ook met ander vraagstukke. Die ekologie sein immers dat politieke en ekonomiese ordes nie onbeperk kan put uit ons planeet nie. Demografie, migrasie en globalisering rig nuwe uitdagings aan state en kultuurgroepe. Daar is ‘n grootskaalse kennisuitbreiding waaroor politieke besluitnemers al hoe minder oorsig kan behou. En sosialistiese en kapitalistiese ordes se krisisse beteken dat mense op ander grondslae sin probeer skep en samehang probeer vind. In hierdie omstandighede, bemagtig die Pionier-Instituut leerders om goed te kan beoordeel en sinvol te handel. Die aktiwiteite van die Pionier-Instituut fokus daarop om op 'n onafhanklike en akademiese wyse § te besin oor die geskiedenis, vraagstukke en moontlike toekomsontwikkelinge van die temagebiede § die vermoë te ontwikkel om akteurs en gebeure te ontleed en te beoordeel § leerders voor te berei om wêreldwyd in komplekse omgewings doeltreffend en sinvol te kan optree Die opvoeding van die Pionier-Instituut berei leerders ook voor vir ‘n loopbaan as: Internasionale ondernemer Internasionale beleggingsadviseur Bestuurskonsultant Joernalis Vakbondamptenaar Bestuurder Navorser Partypolitikus Diplomaat Veiligheidsdiensamptenaar Weermagoffisier Privaatbeveiliger Internasionale hulpverlener Amptenaar by ‘n internasionale agentskap |